2017
Om Ware Dissipels te Word
Oktober 2017


Eerste Presidensie-boodskap, Oktober 2017

Om Ware Dissipels te Word

Ons het in elke nagmaaldiens die voorreg om Hemelse Vader te belowe dat ons altyd die Saligmaker sal onthou en sy gebooie sal onderhou sodat ons sy Gees met ons mag hê (sien Moroni 4:3; 5:2; L&V 20:77, 79). Om Hom te onthou sal altyd natuurlik na ons kom as ons sy Naam op ons neem. Ons doen dit op so baie maniere maar veral as ons ander dien in sy Naam, sy heilige woorde lees, en bid dat ons mag weet wat Hy wil hê ons moet doen.

Dit het met my gebeur toe ek ʼn jong man gedoop het. Ek het geweet dat ek geroep is as ʼn sendeling deur die Saligmaker se geordineerde diensknegte om sy evangelie te onderrig en van Hom en sy ware Kerk te getuig. My sendeling-metgesel en ek het die jong man belowe dat hy gereinig sou word deur die krag van die Versoening van Jesus Christus wanneer hy met geloof in die Saligmaker bekeer en deur een van sy gemagtigde dienaars gedoop word.

Terwyl ek die jong man uit die waters van die doopvont gelig het, het hy in my oor gefluister “Ek is skoon, ek is skoon.” Op daardie oomblik het ek die Saligmaker se doop deur Johannes die Doper in die Jordaanrivier onthou. Meer nog, ek het onthou dat ek die reddingswerk van ʼn herrese en lewende Saligmaker gedoen het—vergesel deur die Heilige Gees, soos Johannes was.

Vir my en vir elkeen van ons, om die Saligmaker te onthou kan meer wees as om op ʼn herinnering van ons kennis en ondervindings met Hom staat te maak. Ons kan elke dag keuses maak wat ons in die huidige nader aan Hom bring.

Die eenvoudigste keuse kan wees om die skrifture te lees. Deur dit te doen kan ons die gevoelens kry van om ná aan Hom te wees. Vir my kom die gevoel van koestering meestal wanneer ek die Boek van Mormon lees. In die eerste paar minute wat ek die hoofstukke van 2 Nefi lees, hoor ek in my gedagtes die stemme van Nefi en Lehi wat die Saligmaker beskryf asof hulle Hom persoonlik geken het. ʼn Gevoel van koestering kom.

Ander plekke in die skrifture mag jou in die besonder na Hom trek. Maar waar ook al en wanneer ook al jy die woord van God lees met ootmoed en ware voorneme om die Saligmaker te onthou, sal jy jou begeerte om sy Naam op jou te neem in jou daaglikse lewe vermeerder.

Daardie begeerte sal die manier waarop jy in die Here se Kerk dien, verander. Jy sal tot Hemelse Vader bid om hulp om, wat vir jou mag lyk soos ʼn klein roeping, te verheerlik. Die hulp waarvoor jy sal vra is die vermoë om jouself te vergeet en meer te fokus op wat die Saligmaker wil hê vir diegene wat jy geroep is om te dien.

Ek het sy hand en sy nabyheid gevoel in my diens met ons kinders wanneer ek gebid het om te weet hoe om hulle te help om die vrede te vind wat slegs die evangelie bring. Op sulke oomblikke het ek minder omgegee om gesien te word as ʼn suksesvolle ouer, maar ek het werklik omgegee vir die sukses en welvaart van my kinders.

Die begeerte om vir diegene wat ons dien te gee wat die Saligmaker vir hulle sou gee, lei tot gebede wat pleit tot Hemelse Vader, waarlik in die naam van Jesus Christus. Wanneer ons so bid—in die Saligmaker se naam, met geloof in Hom—antwoord die Vader. Hy stuur die Heilige Gees om ons te lei, te vertroos en aan te moedig. Omdat die Gees altyd getuig van die Saligmaker (sien 3 Nefi 11:32, 36; 28:11; Ether 12:41), vergroot ons vermoë om die Here met ons hele hart, siel en verstand lief te hê (sien Markus 12:30; Lukas 10:27; L&V 59:5).

Die seëninge van daaglikse en huidige onthou sal stadig en voortdurend kom as ons Hom dien, smul aan sy Woord, en in geloof in sy Naam bid. En hierdie onthou sal ons vorm om ware dissipels van die Here Jesus Christus in sy koninkryk op hierdie aarde te word—en later saam met sy Vader in die toekomstige glorieryke wêreld.