Kinders
Tonne Liefde
Wanneer ons die skrifture lees of bid, kan ons voel hoe baie Hemelse Vader en Jesus ons liefhet. Teken ʼn paar klein hartjies binne-in ʼn groter hart. Kleur ʼn hartjie in elke keer wanneer jy bid of jou skrifture lees. Wat kan jy nog doen om na aan Hemelse Vader en Jesus Christus te voel?