Jeug
Om die Here Elke Dag te Onthou
Vriende, take, huiswerk, TV—daar is so baie dinge wat ons aandag verg. Maar ons belowe Hemelse Vader elke week “dat [ons] altyd [sy Seun, Jesus Christus] sal onthou” (L&V 20:79).
President Eyring sê dat ons “elke dag keuses kan maak” wat ons help om die Saligmaker te onthou. Oorweeg om hierdie maand ʼn doel te stel om die Saligmaker elke dag meer te onthou. Jy kan ʼn kalender maak en jouself verbind om een ding per dag te doen om jou verhouding met Hom te bou. President Eyring noem dinge soos skrifture lees, bid in geloof, en om die Saligmaker en andere te dien. Daar is ook die byhou van joernale, bywoning van Kerkdienste, luister na algemene konferensie, tempel toe gaan, gesange sing—die lys gaan aan! As ons die Saligmaker daagliks onthou, belowe President Eyring dat “die seëninge … stadig maar seker sal kom … [en] ons sal vorm om ware dissipels van Jesus Christus te word.”