2017
Om Diegene wat Afgedwaal het te Omvou met Liefde
Oktober 2017


Vrouebesoek-boodskap, Oktober 2017

Om Diegene wat Afgedwaal het te Omvou met Liefde

Bestudeer hierdie materiaal biddend en vra om inspirasie om te weet wat om te deel. Hoe sal ʼn begrip van die doel van die Verligtingsvereniging dogters van God help om voor te berei vir die seëninge van die ewige lewe?

Relief Society seal

Geloof, Familie, Verligting

“Die werklikheid is dat daar geen volmaakte families is nie …,” sê President Dieter F. Uchtdorf, Tweede raadgewer in die Eerste Presidensie. “Watter probleme jou familie in die gesig staar, wat jy ook al moet doen om hulle op te los, is die begin en einde van die oplossing naasteliefde, die suiwere liefde van Christus.”1

Van diegene wat nie ten volle deelneem aan die evangelie nie, het Linda K. Burton, voormalige Algemene President van die Verligtingsvereniging gesê: “Hemelse Vader het al sy kinders lief. … Ongeag van waar hulle is—op of van die weg af—Hy wil hulle terug by die huis hê.”2

“Hoe eiesinnig [jou kinders] mag wees, … wanneer jy met hulle praat, moenie dit in woede doen nie, moenie dit met skerpheid doen nie, in ʼn veroordelende gees nie,” het President Joseph F. Smith geleer (1838–1918). “Praat met hulle in sagmoedigheid.”3

Ouderling Brent H. Nielson van die Sewentig het die Saligmaker se opdrag aan diegene wat 10 silwerstukke het en een verloor: “Soek totdat jy dit vind. Wanneer die verlore een jou seun of dogter is, jou broer of jou suster, … na alles wat ons kan doen, het ons daardie persoon lief met ons hele hart. …

“Mag ek en jy die openbaring ontvang om te weet wat die beste manier is om diegene in ons lewens wat verlore is te benader, en indien nodig, om die geduld en liefde van ons Hemelse Vader en sy seun, Jesus Christus te hê terwyl ons waak, wag en die verlore een liefhet.”4

President Henry B. Eyring, Eerste Raadgewer in die Eerste Presidentskap, het gesê: “Ek het met geloof gebid dat iemand vir wie ek lief was die krag van die versoening sou soek en voel. Ek het met geloof gebid dat menslike engele tot hulle hulp sou kom, en hulle het gekom.

“God het metodes ontwerp om elkeen van sy kinders te red.”5

Bykomende Skrifture en Inligting

Matthéüs 18:12; Alma 31:35; 3 Nefi 13:32; L&V 121:41–42

reliefsociety.lds.org

Notas

  1. Dieter F. Uchtdorf, “In Praise of Those Who Save,” Liahona, Mei 2016, 79, 80.

  2. Linda K. Burton, in Sarah Jane Weaver, “Sister Burton, Sister Wixom Visit Church’s Pacific Area,” Church News, 2 Apr. 2013, news.lds.org.

  3. Teachings of Presidents of the Church: Joseph Smith (1998), 254.

  4. Brent H. Nielson, “Waiting for the Prodigal,” Liahona, Mei 2015, 103.

  5. Henry B. Eyring, “To My Grandchildren,” Liahona, Nov. 2013, 71.