2025
Hoe kan ek weet dat ek my waarlik bekeer het en vergewe is?
Junie 2025


Maandelikse Vir die Krag van die Jeug-boodskap, Junie 2025

Hoe kan ek weet dat ek my waarlik bekeer het en vergewe is?

jong dame wat bid

Coming Full Circle [Terug Na Die Begin], deur Jenedy Page

Die Here het gesê: “Kyk, hy wat bekeer het van sy sondes, hy is vergewe, en Ek, die Here, onthou hulle nie meer nie.

“Hierdeur mag julle weet of ’n mens bekeer van sy sondes—kyk, hy sal hulle bely en hulle versaak” (Leer en Verbonde 58:42–43).

Ons kan vergifnis ontvang deur opregte bekering. “Wanneer jy vertroosting van die Gees voel, kan jy weet dat die Saligmaker se versoeningskrag in jou lewe werk.” En as ons weer ʼn fout maak, kan ons ons weer bekeer, vergewe word en aanhou probeer.

Daarbenewens het Ouderling Dieter F. Uchtdorf van die Kworum van die Twaalf Apostels geleer: “Satan sal ons probeer laat glo dat ons sondes nie vergewe is nie, want ons kan dit onthou. Satan is ʼn leunaar. … God het nie belowe dat ons nie ons sondes sal onthou nie. As ons onthou, sal dit ons help om nie weer dieselfde foute te maak nie. Maar as ons standvastig en getrou bly, sal die herinnering aan ons sondes mettertyd versag word.”

Notas

  1. For the Strength of Youth: A Guide for Making Choices (2022), 8.

  2. Sien Mosia 26:30.

  3. Dieter F. Uchtdorf, Apr. 2007 algemene konferensie (Ensign of Liahona, Mei 2007, 101).