My Roeping as ʼn Jongdamesklassekretaresse
Verantwoordelikhede
Die Here is dankbaar vir jou bereidwilligheid om in sy Kerk te dien. Hieronder is ʼn oorsig van die verantwoordelikhede van jou roeping.
Doel van Jongdames
Die Jongdames-organisasie help God se geliefde dogters om hulle voor te berei om terug te keer na sy teenwoordigheid. Dit help jongdames om lewenslange dissipels van Jesus Christus te word terwyl hulle heilige verbonde sluit en onderhou en hul bekering verdiep. In hul klasse en byeenkomste dien jongdames ander, kom hulle verbondsverantwoordelikhede na, bou eenheid en leer en leef leerstellings uit. (Sien Algemene Handleiding, 11.1.1.)
Jongdamesklassekretaresse
Die Jongdamesklassekretaresse ondersteun die klaspresidensie en Jongdamesleiers om die klaslede te dien of te bedien. Sy berei ʼn agenda vir presidensievergaderings voor, neem aantekeninge en hou rekord van opdragte en bywoning van Sondagvergaderings (11.3.4.2).
Presidensievergaderings
Jongdamesklaspresidensies vergader gereeld saam met die klassekretaresse en die volwasse Jongdamesleiers wat aangestel is om hulle te ondersteun. Hulle beraadslaag saam en soek openbaring oor die Here se wil vir hulle klas. Hierdie vergaderings kan besprekings om klaslede te dien insluit, met spesiale aandag aan die ondersteuning van nuwe lede en uitreiking na minder aktiewe lede en beplanning van klasvergaderings, diens en aktiwiteite. (Sien 11.3.4.3.)
Riglyne en Beleide
Vir bykomende riglyne en beleide, sien afdeling 11.6 in die Algemene Handleiding.