2018
Bid vir Elke Suster by Naam
Maart 2018


Vrouebesoek-beginsels, Maart 2018

Bid vir Elke Suster by Naam

Ons liefde vir en inspirasie aangaande diegene wat ons besoek sal toeneem as ons nederig vir elke suster spesifiek by die naam bid.

Geloof, Familie, Verligting

Verligtingsvereniging-seël

Die skrifture gee baie voorbeelde van mans en vroue wat vir ander by die naam gebid het. Onder die mees dramatiese is die vader van Alma die Jongere. ʼn Engel het met Alma die Jongere gepraat en hom vertel dat sy vader “gebid [het] met baie geloof aangaande jou … ; daarom, om hierdie doel het ek gekom om jou te oortuig van die krag en gesag van God, dat die gebede van sy diensknegte verhoor mag word volgens hulle geloof” (Mosia 27:14).

Om vir ander te bid maak ons harte oop om die seëninge te ontvang wat die Here vir ons wil gee. “Die doel van gebed is nie om God se wil te verander nie, maar om vir onsself en vir andere seëninge te verkry wat God reeds gewillig is om te gee, maar waarvoor ons moet vra ten einde dit te verkry.”1

Een suster het vertel dat gedurende ʼn moeilike periode in haar lewe, het ʼn telefoonoproep of eenvoudige boodskap dikwels van haar vrouebesoekers gekom op “besonder donker dae.” Dit het gelyk of hulle net geweet het wanneer sy opkikkering nodig gehad het. Sy het geweet dat hulle vir haar gebid het, beide gedurende hulle besoeke en op hulle eie.

Julie B. Beck, voormalige Algemene Verligtingsvereningspresident het gesê: “Dink aan ons gekombineerde krag as elke suster elke oggend en aand opreg bid, of, nog beter, aanhoudend gebid het soos die Here gebied het.”2 Gebed vir diegene wat ons besoek versterk ons as individue en as Laaste-Dae Heilige vroue.

President Henry B. Eyring, Eerste Raadgewer in die Eerste Presidensie, het gesê: “Bid vir ʼn manier om hulle harte te ken. … Jy sal moet weet wat God wil hê jy moet doen om hulle te help en om dit alles te doen, soveel as wat jy kan, om God se liefde vir hulle te voel.”3

Notas

  1. Gids tot die Skrifture: “Gebed”.

  2. Julie B. Beck, “What Latter-day Saint Women Do Best: Stand Strong and Immovable,” Liahona, Nov. 2007, 110.

  3. Henry B. Eyring, “Priesthood and Personal Prayer,” Liahona, Mei 2015, 85.