My Roeping as ʼn Wykskoorleier
Verantwoordelikhede
Die Here is dankbaar vir jou bereidwilligheid om in sy Kerk te dien. Hieronder is ʼn oorsig van die verantwoordelikhede van jou roeping.
Die Doel van Musiek in die Kerk
Gewyde musiek verhoog geloof in Jesus Christus. Dit nooi die Gees uit en onderrig leerstellings. Dit skep ook ʼn gevoel van eerbied, verenig lede en bied ʼn manier om Hemelse Vader en Jesus Christus te aanbid. Die Here het verklaar: “My siel verheug hom in die lied van die hart” (Leer en Verbonde 25:12). (Sien Algemene Handleiding: Diens in Die Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae, 19.1.)
Wykskoorleier
Die wykskoorleier help wykslede om hulle geloof in en aanbidding van Hemelse Vader en Jesus Christus te verhoog deur middel van gewyde musiek. Die wykskoorleier beveel musiek aan vir die wykskoor, lei kooroefeninge en dirigeer die koor in Kerkvergaderings (sien 19.4.3.3).
Wykskore
Kerkkore bring eer aan God, verenig en bou Kerklede en bring vreugde aan deelnemers en gemeentes. Kore word aangemoedig om die gesange van die Kerk te gebruik wat die Gees uitnooi en koordeelnemers en gemeentes help om die evangelie te leer (sien Hymns [Gesange], 381–83). Kerkkore kan ook ander gewyde musikale seleksies sing. Alle musikale seleksies moet die evangelie met krag en duidelikheid onderrig. (Sien 19.3.)
Riglyne en Beleide
Kooroefeninge duur gewoonlik nie langer as ʼn uur nie. Vir bykomende beleide en riglyne soos die verkryging van musiek, gebruik van byeenkomplek-instrumente vir oefening of gemeenskapskore, sien afdeling 19.7 van die Algemene Handleiding.