My Roeping as ʼn Pen-Sondagskoolsekretaris
Verantwoordelikhede
Die Here is dankbaar vir jou bereidwilligheid om in sy Kerk te dien. Hieronder is ʼn oorsig van die verantwoordelikhede van jou roeping.
Doel van Sondagskool
Die Sondagskool help om God se werk van heil en verheffing te bewerkstellig deur God se kinders te help om die evangelie van Jesus Christus te leer en uit te leef (sien Algemene Handleiding, 13.1).
Pen-Sondagskoolsekretaris
Onder leiding van die pen-Sondagskoolpresident sluit die sekretaris se verantwoordelikhede in om agendas vir vergaderings voor te berei, aantekeninge te maak en tred te hou met opdragte in presidensievergaderings, ander rekords te hou, verslae voor te berei soos die presidensie versoek, en te help om die jaarlikse begroting voor te berei (sien 6.7.3).
Vergaderings en Rade
Die pen-Sondagskoolpresidensie en sekretaris beraadslaag gereeld saam (sien 29.3.4).
Riglyne en Beleide
Bykomende riglyne en beleide word in afdeling 13.7 van die Algemene Handleiding gevind.