My Roeping as ʼn Raadgewer in die Pen-Sondagskoolpresidensie
Verantwoordelikhede
Die Here is dankbaar vir jou bereidwilligheid om in sy Kerk te dien. Hieronder is ʼn oorsig van die verantwoordelikhede vir jou roeping.
Doel van Sondagskool
Die Sondagskool help om God se werk van heil en verheffing te bewerkstellig deur God se kinders te help om die evangelie van Jesus Christus te leer en uit te leef (sien Algemene Handleiding, 13.1).
Pen-Sondagskoolraadgewer
Die pen-Sondagskoolpresidensie se verantwoordelikhede sluit in om te werk om geloof te bou en individue en families in die pen te versterk, nuut-geroepte wyk-Sondagskoolpresidensies te oriënteer en deurlopende ondersteuning en opleiding aan te bied (sien 6.7.1). Raadgewers ondersteun ook die pen-Sondagskoolpresident met bykomende opdragte.
Vergaderings en Rade
Die pen-Sondagskoolpresidensie beraadslaag gereeld saam. Hulle beplan en lei penleierskapsvergaderings om wyk-Sondagskoolleiers hulle pligte te onderrig, help hulle om as leiers en onderwysers te verbeter en hulle geloof in Jesus Christus te versterk (sien 29.3.4).
Riglyne en Beleide
Bykomende riglyne en beleide word in afdeling 13.7 van die Algemene Handleiding gevind.