Verligtingsvereniging
Verantwoordelikhede


groep vroue wat praat

My Roeping as ʼn Penverligtingsverenigingsekretaresse

Verantwoordelikhede

Die Here is dankbaar vir jou bereidwilligheid om in sy Kerk te dien. Hieronder is ʼn oorsig van die verantwoordelikhede van jou roeping.

Doel van die Verligtingsvereniging

Die Verligtingsvereniging is ʼn goddelik-ingestelde organisasie vir alle volwasse vroue in die Kerk. Die Verligtingsvereniging help God se kinders om hulle voor te berei om terug te keer na sy teenwoordigheid. Die Profeet Joseph Smith het onderrig dat die doel van die Verligtingsvereniging is om “siele te red en lyding te verlig”—voorsiening van die Saligmaker se verligting (sien Algemene Handleiding: Diens in die Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae, 9.1).

Penverligtingsverenigingsekretaresse

Onder leiding van die Penverligtingsverenigingspresident is die sekretaresse verantwoordelik om agendas vir presidensievergaderings voor te berei, aantekeninge te maak in presidensievergaderings en rekord te hou van opdragte, om ander rekords te hou en verslae voor te berei soos deur die presidensie versoek, die presidensie te help om die jaarlikse begroting vir hul organisasie voor te berei, rekenskap te gee van uitgawes en opleiding te verskaf aan wyksorganisasie-sekretaresses soos toegewys (sien 6.7.3).

Vergaderings en Rade

Die Penverligtingsverenigingsekretaresse woon presidensievergaderings by en dien met die presidensie in die penvolwasseleierskapskomitee (sien 6.7.1.1).

Riglyne en Beleide

Bykomende riglyne en beleide word in afdeling 9.6 van die Algemene Handleiding gevind.