My Roeping as ʼn Verligtingsverenigingsonderwyseres
Verantwoordelikhede
Die Here is dankbaar vir jou bereidwilligheid om in sy Kerk te dien. Hieronder is ʼn oorsig van die verantwoordelikhede van jou roeping.
Doel van die Verligtingsvereniging
Die Verligtingsvereniging is ʼn goddelik-ingestelde organisasie vir alle volwasse vroue in die Kerk. Die Verligtingsvereniging help God se kinders om hulle voor te berei om na sy teenwoordigheid terug te keer. Die Profeet Joseph Smith het geleer dat die doel van die Verligtingsvereniging is om “siele te red en lyding te verlig”—deur voorsiening van die Saligmaker se verligting (sien Algemene Handleiding, 9.1).
Verligtingsverenigingsonderwyseresse
Onderwyseresse word geroep om mense te help om hulle geloof in Hemelse Vader en Jesus Christus te versterk. Verligtingsverenigingsonderwyseresse ondersteun die presidensie. Die Verligtingsverenigingspresidensie kies biddend boodskappe om te onderrig gebaseer op behoeftes van die susters (sien 9.2.1.2).
Sondagvergaderings
Verligtingsverenigings vergader op die tweede en vierde Sondag met die doel om geloof in Jesus Christus te verhoog, eenheid te bou en families en tuistes te versterk. Vergaderings begin met gebed en sluit tyd vir gesamentlike beraadslaging en evangeliese instruksie in en bespreking gebaseer op onlangse konferensiepraatjies (sien 9.2.1.2).
Beginsels van Christelike Onderrig
Onderrig volgens die Saligmaker se manier is ʼn heilige vertroue en verantwoordelikheid. Wanneer die evangelie onderrig word, volg die voorbeeld van die Saligmaker wat die Meesteronderwyser is. Verligtingsverenigingsonderwyseresse volg die beginsels in Teaching in the Savior’s Way en hoofstuk 17 van die Algemene Handleiding (sien 17.1).
Tuisgesentreerde Evangeliese Leer
Wanneer lede die evangelie tuis leer en uitleef, verdiep hulle bekering tot Hemelse Vader en Jesus Christus. Verligtingsverenigingsleiers moedig susters aan om die skrifture en die woorde van lewende profete te bestudeer, individueel en met hulle families (sien 17.2).