“Integrasie van Sendeling- en Nie-Sendelinglewe,” Aanpassing by Diens-sendelinglewe: Hulpbronboekie (2020)
“Integrasie van Sendeling- en Nie-Sendelinglewe,” Aanpassing by Diens-sendelinglewe
Integrasie van Sendeling- en Nie-Sendelinglewe
Een van die doelwitte van ʼn diens-sending is om “elke diens-sendeling te help om voor te berei vir ʼn leeftyd van diens” (“Service Missions for Young Missionaries,” aanhangsel tot Eerste Presidensie-brief, 16 Nov., 2018). Jy kan na hierdie doel werk terwyl jy jou diensopdrag uitvoer en terwyl jy by die huis woon. Dit kan ʼn uitdaging wees om hierdie dinge op dieselfde tyd te doen. Jy sal jou tyd versigtig moet bestuur. Terwyl jy jou sending dien, sal jy ook leer om te doen wat jou ná-sendinglewe van jou sal vereis. Jy sal werk, gesin, opvoeding, kerk, ander diens en vrye tyd moet balanseer.
Jou diens-sending is die ideale tyd en omgewing vir die ontwikkeling van tydsbestuursvaardighede. Jy sal die buigsaamheid en ondersteuningstruktuur hê om jou unieke talente te identifiseer en te ontwikkel. Jy kan hulle dan gebruik om ander te dien.
Beraadslaag met jou diens-sendingleier en penpresident oor die stel van doelwitte. Jou leiers sal jou ook help om jou talente te identifiseer. Die ontwikkeling van jou talente moet by jou doelwitte ingesluit word. Hierdie doelwitte is deel van jou eie aangepaste sendingplan om jou te help om jou prioriteite te balanseer. Jy sal die hoofontwerper van jou plan wees. Dit sal jou plan wees. Dit is aangepas vir jou sterk punte, talente, huidige kapasiteit en toekomstige hoop en drome. Jou ondersteuningspan kan jou adviseer en aanmoedig, maar die keuses is joune.
Met jou ondersteuningspan sal jy haalbare ná-sendingdoelwitte en die planne om dit te bereik, vestig. Die vaardighede wat jy ontwikkel, sal jou en ander deur die res van jou lewe seën. Jy kan word wat jou liefdevolle Hemelse Vader wil hê jy moet word. Die Here sal jou ook help in hierdie opwindende reis.
As jy leer om jou tyd verstandig te gebruik, sal jy vir ʼn leeftyd van diens voorberei. Jy sal in staat wees om die twee grootste gebooie te leef. Dit is om “die Here jou God lief [te] hê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand” en om “jou naaste lief [te] hê soos jouself” (Matthéüs 22:37, 39).