2016
Die Huwelik is verorden van God.
Februarie 2016


Vroue Besoek Boodskap, Februarie 2016

Die Huwelik is Verorden van God

Bestudeer hierdie materiaal biddend en vra om te weet wat om te deel. Hoe sal, om “Die Familie: ʼn Aankondiging aan die Wêreld” te verstaan, jou geloof in God vermeerder en diegene waaroor jy waak deur vroue besoek, te seën? Vir meer inligting gaan na reliefsociety.lds.org.

Geloof, Familie, Verligting

Die Eertse Presidensie, en die Kworum van die Twaalf Apostels, en leiers hou aan om te verklaar dat die “huwelik tussen ‘n man en ʼn vrou deur God verordeneer is en dat die familie sentraal is aan die Skepper se plan.”1

Ouderling D. Todd Christofferson van die Kworum van die Twaalf Apostels het gesê: “ʼn Familie wat gebou word op die huwelik tussen ʼn man en ʼn vrou, lewer die beste raamwerk vir God se plan om te floreer. …

“… Nie ons of enige ander mens kan hierdie Goddelike instelling van die huwelik, ter syde stel nie.”2

Bonnie L. Oscarson, Jong Dame algemene president, het gesê: “Elkeen, ongeag, wat hulle huweliks omstandighede mag wees of die hoeveelheid kinders wat hulle het, kan die Here se plan verdedig, soos uiteengesit in die Familie Aankondiging. As dit die Here se plan is, moet dit ook ons plan wees!”3

Ouderling Christofferson het bygevoeg: “Sommige van julle, is sekere van die seëninge van die huwelik weerhou, vir ’n verskeidenheid redes, wat onder meer kan insluit, te min moontlike metgeselle, selfde-geslag aantrekking, fisiese of geestelike gestremdheid, of eenvoudig net ʼn vrees van mislukking. … Of, julle het getrou, maar die huwelik is beïndig. … Sommige van julle wat getroud is, kan nie kinders baar nie. …

“Nie teen staande, … elkeen kan bydra tot die ontvouing van die goddelike plan in elke geslag.”4

Addisionele Skrifgedeeltes

Genesis 2:18-24; 1 Korintieërs 11:11; Leer en Verbonde 49:15-17

Lewende Verhale

Broer Larry M. Gibson, voormalige eerste raadgewer in die Jong Man algemene presidentskap, onthou toe Shirley, nou sy vrou, gesê het:

“‘Ek is lief vir jou want ek weet jy is liewer vir die Here as wat jy vir my is.’ …

“Daardie antwoord het my diep in my hart getref. …

“… [En] ek wou hê sy moet altyd voel dat ek die Here bo alles lief het.”5

Ouderling David A. Bednar van die Kworum van die Twaalf Apostels het geleer: “Die Here Jesus Christus is die fokus punt van ʼn verbonds huwelik verhouding. … [Verbeel jou dat] die Verlosser geposisioneer is aan die bo-punt van [ʼn] driehoek, met die vrou op die basis aan die een hoek en die man op die basis aan die ander hoek. Dink nou wat met die verhouding tussen die man en die vrou gebeur soos wat hulle as individueë, voortdurend ‘na Christus [toe] kom, om in Hom vervolmaak te word’ (Moroni 10:32). As gevolg van en deur die Verlosser, kom die man en die vrou nader aan mekaar.”6

Notas

  1. “Die Familie: ʼn Aankondiging aan die Wêreld” Liahona, Nov. 2010, 129.

  2. D. Todd Christofferson, “Hoekom die Huwelik, Hoekom Familie” Liahona, Mei 2015, 52.

  3. Bonnie L. Oscarson, “Verdedigers van die Familie Aankondiging,” Liahona, Mei 2015, 15.

  4. D. Todd Christofferson, “Hoekom die Huwelik, Hoekom Familie,” 52.

  5. Larry M. Gibson, “Vervulling van Ons Ewigdurende Lot,” Ensign, Feb. 2015, 21–22.

  6. David A. Bednar, “Die Huwelik Is Noodsaaklik Tot Sy Ewigdurende Plan,” Liahona, Junie. 2006, 54.

Ter Oorweeging

Hoe strewe ek om alleen en voortdurend tot “Christus te kom”?