Eerste Presidentskap Boodskap, Januarie 2016
Geluk vir Diegene vir Wie Ons Lief is
Ons almal wil geluk hê vir diegene vir wie ons lief is, en ons wil so min pyn as moontlike vir hulle hê. Soos ons die mededeling van geluk — en ook pyn — in die Boek van Mormon lees, word ons harte verwek as ons aan ons geliefdes dink. Hier is ʼn ware beskrywing van ʼn gelukkige tyd:
“En dit het gebeur dat daar geen twis in die land was nie, vanweë die liefde van God wat gewoon het in die harte van die volk.
“En daar was geen afguns nie, nóg onenigheid, nóg rumoer, nóg hoerery, nóg leuens, nóg moorde, nóg enige soort wellustigheid; en waarlik kon daar nie ’n gelukkiger volk wees onder al die mense wat geskape is deur die hand van God nie.”
Dan lees ons:
“En hoe geseënd was hulle! Want die Here het hulle geseën in al hulle doen en late; ja, wel is hulle geseën en was voorspoedig tot ’n honderd en tien jaar verbygegaan het; en die eerste geslag na Christus het heengegaan, en daar was geen twis in die hele land nie” (4 Nefi 1:15–16, 18).
Geliefde dissipels van Christus bid en werk vir so ʼn seening vir hulself en ander. Deur die beskrywing in die Boek van Mormon en vir baie van ons, en van ons eie ondervinding weet ons dat die geskenk van geluk haalbaar is. Ons weet dat die pad na geluk goed gemerk is. Ons weet ook dat om geluk te handhaaf nie maklik is nie, net soos met die Nefiete na die verlosser se besoek, woon “die liefde van God” in ons harte.
Daardie liefde was in die harte van die Nefiete omdat hulle die wet, wat dit moontlike gemaak het, behou het. Die opsomming van die wet word in die sakrament gebed gevind, wat begin met die innige pleidooi aan ons geliefde Hemelse Vader. Ons bid met n hart vol geloof en met n diep liefde vir ons persoonlike Verlosser. Ons verbind met regte opset om Sy naam op ons te neem, om Hom te onthou, en om al Sy gegooie te onderhou. Uiteindelik, beoefen ons geloof om die Heilige Gees, die derde lid van die Godheid, altyd met ons te hê, om in ons harte van die Vader en die van Sy Geliefde Seun te getuig. (sien L & V 20:77, 79 .)
Met die Heilige Gees as ons metgesel, kan ons ons harte verander sodat ons na die liefde van ons Hemelse Vader en die Here Jesus Christus sog en verwelkom. Die weg om die liefde van God in ons harte te kry is eenvoudig, net so is die weg om die gevoelens van daardie liefde in ons harte te verloor. Byvoorbeeld, iemand kan kies om minder na Hemelse Vader te bid of nie vol tiendes te betaal nie of om op te hou om op die woord van God te vrees of om die armes en behoeftiges te ignoreer.
Enige keuse om nie die Here se gebooie te onderhou nie kan veroorsaak dat die Gees van ons harte ontrek. Met daardie verlies, verdwyn geluk.
Die geluk wat ons vir ons geliefdes wil hê hang van hul keuses af. Soveel as wat ons vir ʼn kind lief is, ʼn besoeker, of ons vriende, kan ons hulle nie dwing om die gebooie te onderhou sodat hulle kwalifiseer vir die Heilige Gees om hulle aan te raak en hul harte te verander nie.
So, die beste hulp wat ons kan gee, is wat ook al diegene lei vir wie ons lief is, om te waak oor hul eie keuses. Alma het dit met n uitnodiging gedoen wat jy mag offer:
“Maar dat julle jul sal verootmoedig voor die Here, en sy heilige Naam aanroep, en gedurig waak en bid, dat julle nie versoek mag word bo dit wat julle kan verduur nie, en sodoende gelei word deur die Heilige Gees, en nederig, sagmoedig, onderdanig, geduldig, vol van liefde en alle lankmoedigheid word;
“En geloof het in die Here; en ’n hoop het dat julle die ewige lewe sal ontvang; en die liefde van God altyd in julle harte hê, dat julle opgehef mag word op die laaste dag en sy rus binnegaan” (Alma 13:28–29).
Ek bid dat diegene vir wie jy lief is, die geïnspireerde uitnodiging mag aanvaar deur die weg te kies na ewige geluk.
© 2016 deur Intellectual Reserve, Inc. Alle regte voorbehou. Gepubliseer in die VSA. Engelse goedkeuring: 6/15. Vertalings goedkeuring: 6/15. Vertaling van die First Presidency Message, January 2016. Afrikaans. 12861 501
Onderrig uit Hierdie Boodskap
President Eyring onderrig dat die geluk wat ons in die lewe voel afhang van die besluite wat ons neem. Soos jy hierdie boodskap bespreek, oorweeg dit om te fokus op die dinge wat President Eyring noem wat ons kan kies om te doen ( soos gebed, werk, beoefen ons geloof en verbind onsself met ware opset ) om ons na daardie weg van geluk te lei. Jy kan diegene wie jy onderrig uitnooi om twee of drie aksies neer te skryf wat hulle beter sal lei na “die weg na ewige geluk.”