2014
Ken Jou Stories
Junie 2014


Kinders

Ken Jou Stories

Jou ouers en grootouers het baie avonture gehad— party waarvan jy nie eens weet nie! Party van hul stories sal jou laat lag en hulle mag jou help om geloof in Hemelse Vader te hê. Maar selfs volwassenes voel somtyds skaam. Gebruik hierdie vrae om hulle te help om van hul gunsteling stories te onthou en skryf of teken prentjies oor hul antwoorde.

  1. Vertel my oor jou drie gelukkigste herinneringe.

  2. Watter gebeure het jou die meeste verleentheid gebring?

  3. Vertel my oor die dag van my geboorte.

  4. Wat het jy van gehou om te doen toe jy ʼn kind was?

  5. Hoe het jy jou getuienis oor die evangelie gewin?