Vroue Besoek Boodskap, Januarie 2014
Die Goddelike Missie van Jesus Christus: Voorbeeld
Studeer hierdie materiaal biddend en streef om te weet wat om te deel. Hoe sal ‘n begrip van die lewe en missie van die Verlosser jou geloof in Hom vermeerder en diegene seën oor wie jy waak deur vroue besoek? Vir meer informasie, gaan na reliefsociety.lds.org.
Soos ons verstaan dat Jesus Christus ons voorbeeld in alle dinge is, kan ons ons begeerte vergroot om Hom te volg. Die skrifture is vol aanmoediging vir ons om Christus se voetspore te volg. Aan die Nefiete het Christus gesê, “want die werke wat julle my sien doen het, dit sal julle ook doen” (3 Nefi 27:21) Aan Thomas het Jesus gesê, “Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie” (Johannes 14:6)
Vandag herinner ons leiers ons om die Verlosser ons voorbeeld te maak. Linda K. Burton, algemene Verligtings Vereeniging President het gesê, “Wanneer elk van ons die leerstelling van die Versoening diep in ons harte geskryf het, dan sal ons begin om die tipe mense te word wat die Here wil hê ons moet wees.”
President Thomas S. Monson het gesê, “Ons Heer en Verlosser, Jesus Christus, is ons voorbeeld en ons krag.”
Laat ons besluit om nader aan Jesus Christus te leef, om Sy gebooie te gehoorsaam en om te streef om terug te keer na ons Hemelse Vader.
Uit die Skrifture
Uit Ons Geskiedenis
“Hy het die pad gemerk en aangewys”, het Eliza R. Snow, tweede algemene president van die Verligtings Vereniging geskryf oor die sterflike ministerie van Jesus Christus. Hy het individuë een vir een bedien. Hy het geleer dat ons die nege en negentig moet verlaat en die verlore een moet gaan red (sien Lukas 15:3–7). Hy het individuë genees en geleer, en tyd gemaak vir elke persoon van ‘n skare van 2,500 mense (sien 3 Nefi 11:13–15; 17:25).
Van Heiliges van die Laaste-dae vroue, het President Dieter F. Uchtdorf, Tweede Kanselier in die Eerste Presidensie gesê: “Julle wonderlike sisters gee liefdevolle diens aan ander vir redes wat ‘n begeerte vir persoonlike voordeel oorskry. In dit volg julle die Redder se voorbeeld. … Sy gedagtes was altyd ingestel om ander te help.”
© 2014 deur Intellectual Reserve, Inc. Alle regte voorbehou. Gepubliseer in die VSA. Engelse goedkeuring: 6//13. Vertalings goedkeuring: 6/13 Vertaling van Visiting Teaching Message, January 2014. Afrikaans. 10861 036
Wat Kan Ek Doen?
-
Hoekom en hoe is Jesus my voorbeeld?
-
Hoe kan die bedienning van die susters wat ek besoek my help om die Redder te volg?