Vroue Besoek Boodskap, November 2013
Kom, Sluit by Ons Aan
Ongeag jou omstandighede, jou persoonlike geskiedenis, of die sterkte van jou getuienis, is daar steeds plek vir jou in hierdie Kerk.
Daar was ‘n man wie gedroom het dat hy in ‘n groot saal was waar al die verskillende gelowe van die wêreld bymekaar gekom het. Hy het besef dat elke geloof baie dinge gehad het wat baie begeerlik en waardig was.
Hy het ‘n aangename paartjie ontmoet, wie Die Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae verteenwoordig het en aan hulle gevra, “Wat vereis julle van julle lidmate?”
“Ons vereis niks nie,” het hulle geantwoord. “Maar die Here vra dat ons alles toewy.”
Die paartjie het toe voortgegaan om Kerk roepinge, Tuis en Vroue besoeke, voltydse sendingwerk, weeklikse familie aand, tempel werk, welwillendheids en humanitêriese diense en die gee van lesse, te verduidelik.
“Betaal julle die mense vir al die werk wat hulle doen?” het die man gevra.
“O nee,” het die paartjie verduidelik. “Hulle bied hulle tyd, vrylik aan.”
“Asook elke ses maande, gaan ons Kerk lede na of kyk hulle na ongeveer 10 ure van algemene konferensie, oor ‘n hele naweek .”
“Tien ure van mense wat praatjies gee?” het die man gewonder.
“Wat van julle weeklikse kerk diens? Hoe lank is dit?”
“Drie ure, elke Sondag!”
“O genade,” het die man gesê. “Doen lede van julle kerk, waarlik al hierdie dinge wat julle gesê het?”
“Dit en meer. Ons het nog nie eens familie geskiedenis, jeug kampe, vergaderinge, die studie van die geskrifte, leierskap onderrig, jeug aktiwiteite, vroeg oggend seminarie, of die instandhouding van Kerk geboue, genoem nie, en natuurlik is daar ook die Here se gesondheids wet, die maandelikse vas om die armes te help en die tiende.”
Die man het gesê, “Nou is ek deurmekaar. Hoekom sou enige iemand by so ‘n kerk wou aansluit?”
Die paartjie het geglimlag en gesê, “Ons het gedink jy sou nooit vra nie.”
Hoekom Sou Enige Iemand By So ‘n Kerk Aansluit?
In ‘n tyd waar baie kerke dwarsdeur die wêreld ‘n opmerklike val in lidmaatskap ondervind, is Die Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae – alhoewel klein in vergelykking met andere- een van die vinnigste groeiende kerke in die wêreld. Vanaf September 2013 het die Kerk meer as 15 miljoen lede wêreldwyd.
Daar is baie redes hiervoor, maar mag ek ‘n paar op offer?
Die Verlosser se Kerk
Eerstens, is hierdie Kerk in ons dag deur Jesus Christus Homself, gerestoureer. Hier sal jy die gesag vind om in Sy naam te handel – om vir die vergifnis van sondes te doop, om die gawe van die Heilige Gees op te lê en om op die aarde sowel as in die hemel te seёl.
Diegene wie by hierdie Kerk aansluit, het die Verlosser Jesus Christus lief en wil Hom graag volg. Hulle verbly hulle in die kennis dat God weer die hele mensdom aanspreek. Wanneer hulle die heilige priesterskap ordinasies ontvang en verbonde met God maak, kan hulle Sy krag in hulle lewens voel. Wanneer hulle die heilige tempel ingaan, kan hulle aanvoel dat hulle in Sy teenwoordigheid is. Wanneer hulle die heilige geskrifte lees en die leringe van Sy profete uitleef, word hulle nader aan die Verlosser gebring, wie hulle so baie lief het.
’n Aktiewe Geloof
Nog ‘n rede is, omdat die Kerk die geleenthede voorsien om goeie dade te verrig.
Om in God te glo is prysenswaardig, maar meeste mense wil meer doen as om net na inspireёrende praatjies te luister of om van hulle paleise omhoog te droom. Hulle wil hulle geloof uitleef. Hulle wil hulle moue oprol en betrokke raak in hierdie groot werk.
En dit is wat gebeur wanneer hulle by ons aansluit – hulle het baie geleenthede om hulle talente, sagmoedigheid en tyd in goeie dade te omskep. Omdat ons geen betaalde plaaslike geestelikes in ons wêreldwye gemeentes het nie, doen ons lede die werk van die bediening hulself. Hulle word deur inspirasie geroep. Soms bied ons aan; en soms word ons “aangebied.” Ons sien hierdie opdragte nie as ‘n las nie, maar as ‘n geleentheid om ons verbonde te vervul, wat ons gemaak het om God en Sy kinders te dien.
Kosbare Seёninge
‘n Derde rede hoekom mense by die Kerk aansluit is, omdat die pad na dissipelskap na kosbare seёninge lei.
Ons sien die doop, as die begin punt op ons reistog van dissipelskap. Ons daaglikse wandeling saam met Jesus Christus, lei tot vrede en doelgerigtheid in hierdie lewe en onskatbare vreugde en ewige salligheid in die wêreld hierna.
Diegene wie hierdie pad met toewyding volg, sal baie van die slaggate, verdriet en teleurstellinge van die lewe vermy.
Die arm van gees en die eerlik van hart, sal groot skatte van kennis hier vind.
Diegene wie lei of rou, sal hier genesing vind.
Diegene wie onder die las van sonde sukkel, sal hier vergifnis, vryheid en rus vind.
Aan Diegene Wie Ons Verlaat
Die soektog na waarheid, het miljoene mense al na Die Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae gelei. Tog is daar ook sommige wie die Kerk, wat hulle eens lief gehad het, verlaat.
Jy mag vra, “Indien die evangelie so wonderlik is, hoekom sou enige een dit verlaat?”
Ons mag soms aanneem dat dit is omdat iemand hulle aanstoot gegee het, of vanwee sonde of luiheid. Eintlik is dit nie so eenvoudig nie. Daar is egter nie net een rede, wat op ‘n verskeidenheid van omstandighede, van toepassing kan wees nie.
Sommige van ons dierbare lede sukkel vir jare met die vraag of hulle, hulself van die Kerk moet afskei.
In hierdie Kerk, wat persoonlike agentskap so hoog op prys stel - wat deur ‘n jong man gerestoureer is, wie ‘n antwoord op ‘n vraag gesoek het- respekteer ons diegene wie opreg na die waarheid soek. Dit mag ons harte breek, wanneer hulle reistog hulle van die Kerk wat ons so lief het en die waarheid wat ons gevind het, af weg neem, maar ons eer hulle reg om die Almagtige God te aanbid, volgens die voorskrifte van hulle eie gewete, net soos wat ons hierdie voorreg vir ons self eis.
Onbeantwoorde Vrae
Sommige sukkel met onbeantwoorde vrae, oor dinge wat gedoen en gesê is, in die verlede. Ons erken openlik dat daar in amper 200 jaar van Kerk geskiedenis – saam met ‘n ononderbroke lyn van inspirasie, eerbare en goddelike gebeure –wel ook dinge gedoen en gesê is, wat mense kan bevraagteken.
Daar is somtyds vrae wat opduik, omdat ons eenvoudiglik net nie al die inligting het nie, en ons dan net ‘n bietjie meer geduld moet toepas. Wanneer die hele waarheid uiteindelik bekend gemaak word, sal dinge wat voorheen nie sin gemaak het nie, duidelik word.
Daar is somtyds ‘n verskil van opinie, oor wat die “feite’ werklik beteken. ‘n Vraag wat vir sommige twyfel skep, kan na volledige ondersoek, geloof in andere opbou.
Foute van Onvolmaakte Mense
En om heeltemal eerlik te wees, is daar geleenthede gewees waar lede of leiers in die Kerk, eenvoudiglik foute gemaak het. Daar mag dalk dinge gesê of gedoen gewees het, wat nie in harmonie was met ons waardes, beginsels of leerstellinge nie.
Ek neem aan dat die Kerk volmaak sou wees, indien dit slegs deur volmaakte wesens bestuur sou word. God is volmaak en Sy leerstellinge is suiwer. Maar Hy werk deur ons –Sy onvolmaakte kinders – en onvolmaakte mense maak foute.
In die titel blad van die Boek van Mormon lees ons, “En nou, as daar foute is, is hulle die foute van mense; daarom, moet nie die dinge van God veroordeel nie, sodat julle vlekkeloos bevind mag word voor die regterstoel van Christus.”
Dit is hoe dit nog altyd was en sal wees, tot en met die volmaakte dag wanneer Christus Homself persoonlik op die aarde sal heers.
Dit is ‘n jammerte dat sommige gestruikel het, vanweё foute wat deur mense gemaak is. Ten spyte hiervan, is die ewige waarhede van die gerestoureerde evangelie wat in Die Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae te vind is, steeds sonder vlek, of vermindering en onveranderbaar.
As ‘n Apostel van die Here Jesus Christus en as een wat die beraading en werkinge van hierdie Kerk eerstehands waargeneem het, gee ek my plegtige getuienis dat geen belangrike besluit ooit geneem word, wat hierdie Kerk of sy lede sal affekteer nie, sonder om die inspirasie, leiding en goedkeuring van ons Hemelse Vader opreg uit te soek nie. Hierdie is die ware Kerk van Jesus Christus. God sal nie toelaat dat Sy Kerk, van sy bepaalde koers af sal wyk nie, of nie sy goddelike bepaling sal vervul nie.
Daar is Plek vir Jou
Aan diegene wie hulself van die Kerk af geskei het, sê ek, my dierbare vriende, daar is steeds plek vir julle hier.
Kom en voeg julle talente, gawes en ywer by ons sin. Ons sal dan almal better word, as ‘n gevolg.
Sommige mag vra, “Maar wat van die dinge waaroor ek nie seker is nie?”
Dit is natuurlik om vrae te hê – die akker van eerlike ondersoek het al dikwels ontkiem en gegroei tot ‘n groot eikeboom van insig en kennis. Daar is min lede van die Kerk, wie nie een of ander tyd, met ernstige of sensitiewe vrae geworstel het nie. Een van die doele van die Kerk is om die saadjie van geloof te voed en te versorg – selfs in die soms sanderige grond van twyfel en onsekerheid. Geloof is om te hoop vir dinge wat nie gesien kan word nie, maar wat waar is.
Daarom, my dierbare broers en susters – my dierbare vriende- asseblief, betwyfel eers jou twyfelinge, voor jy jou geloof betwyfel. Ons moet nooit toelaat dat twyfel ons gevange hou of ons van die goddelike liefde, vrede en gawes weerhou, wat kom deur geloof in die Here Jesus Christus nie.
Sommige mag sê, “Ek pas net nie in, by die mense in die Kerk nie.”
Indien jy in ons harte kon insien, sou jy waarskynlik vind, dat jy beter in pas as wat jy gedink het. Jy mag verbaas wees om te vind dat ons begeertes en struwelinge en doele soortgelyk aan joune is. Jou agtergrond of opvoeding mag dalk anders wees as baie van die Heiliges van die Laaste Dae, maar dit mag dalk ‘n seёning wees. Broers en susters, dierbare vriende, ons het julle unieke talente en perspektief nodig. Die verskille van mense en nasies regoor die aarde, is die sterkte van hierdie Kerk.
Sommige mag sê, “Ek dink nie ek sal julle standaarde kan uitleef nie.”
Al die meer rede om te kom! Die Kerk is ontwerp om die onvolmaakte, die sukkelende en die uitgeputte, te versorg. Dit is gevul met mense wie, met hulle hele hart begeer om die gebooie te onderhou, selfs al het hulle dit nog nie bemeester nie.
Sommige mag sê, “Ek ken ‘n lid van julle Kerk wie ‘n skynheilige is. Ek kan nooit by ‘n kerk aansluit, wie so ‘n persoon as ‘n lid het nie.”
Indien jy ‘n skynheilige definieёr as iemand wie nie volkome, volgens alles wat hy of sy glo, leef nie, dan is ons almal skynheiliges. Nie een van ons is heeltemal so Christelik, soos wat ons behoort te wees nie. Maar ons het ‘n opregte begeerte om ons foute en sondige neigings te oorkom. Met ons hart en siel, begeer ons om beter te word, met behulp van die Versoening van Jesus Christus.
Indien hierdie jou begeertes is, dan, ten spyte van jou omstandighede, jou persoonlike geskiedenis of die sterkte van jou getuienis, is daar plek vir jou in hierdie Kerk. Kom, sluit by ons aan!
Kom, Sluit by Ons Aan!
Ten spyte van ons menslike tekortkominge, is ek seker dat julle, tussen die lede van hierdie Kerk, baie van die beste siele sal vind, wat hierdie wêreld het om te offer. Dit is asof die Kerk van Jesus Christus, diegene aantrek, wie sagmoedig en eerlik en hardwerkend is.
Indien jy verwag om perfekte mense hier te vind, sal jy teleurgesteld wees. Maar, as jy die suiwer leerstellinge van Christus soek, die woord van God “wat die gewonde siel kan genees,” en die invloed van die Heilige Gees, dan, hier is waar jy dit sal vind. In hierdie tyd van wankelrige geloof – in hierdie tyd waar so baie mense, so ver van hemelse invloed verwyderd is – hier sal jy mense vind, wie begeer om hulle Verlosser te ken en nader aan Hom te kom, deur hulle God en hul medemens te dien, net soos jy. Kom, sluit by ons aan!
Sal Julle Ook Weg Gaan?
Ek word herrinner aan ‘n tyd in die Verlosser se lewe, waar baie Hom verlaat het. Jesus het Sy twaalf dissipels gevra:
“Sal julle ook weg gaan?
“Toe antwoord Simon Petrus hom, Here, na wie sal ons gaan? U het die woorde van die ewige lewe.”
Daar is tye wanneer ons dieselfde vraag, moet antwoord. Sal ons ook weg gaan? Of sal ons soos Petrus, vasgryp aan die woorde van die ewige lewe?
Indien jy waarheid en betekenis soek, en ‘n manier om geloof in aksie te omskep; indien jy na ‘n plek soek waar jy kan behoort: Kom sluit by ons aan!
Indien jy die geloof verlaat het wat jy eens aangegryp het: Kom weer terug. Sluit by ons aan!
Indien jy dalk wil moed opgee: Bly nog ‘n bietjie langer. Daar is plek vir jou hier.
Ek pleit met almal wat hierdie woorde hoor of lees: Kom, sluit by ons aan. Kom, hoor die roep van die sagmoedige Christus. Neem op jou kruis en volg Hom.
Kom, sluit by ons aan! Want hier sal julle dit van onskatbare waarde, vind.
Ek getuig dat julle hier die woorde van die ewige lewe sal vind, die belofte van geseёnde verlossing en die weg na vrede en geluk.
Ek bid opreg dat julle soeke na waarheid, op julle harte die begeerte sal laat, om te kom en by ons aan te sluit. In die heilige naam van Jesus Christus, amen.
© 2013 deur Intellectual Reserve, Inc. Alle regte voorbehou. Gedruk in die VSA. Engelse goedkeuring: 6/13. Vertalings goedkeuring: 6/13. Vertaling van Visiting Teaching Message, November 2013. Afrikaans. 10671 501