2013
Aangespoor deur Geloof
Julie 2013


Jeug

Aangespoor deur Geloof

Die skrywer bly in Noord Carolina, VSA.

Ek sal nooit vergeet hoe ek op die gronde van Winter Kwartiere, Nebraske, VSA geloop het nie, waar pioniers jare vantevore geleef het. Die grond het heilig gevoel, amper asof ek by‘n buitelug tempel besoek afgelê het.

My oё het met trane gevul, en my visie verdof. Ek het ‘n standbeeld gesien, maar kon nie die figure uit maak nie. Na ek my trane weggevee het, het ek ‘n man en ‘n vrou gesien wie se gesigte vol hartseer was. Soos wat ek nader gekyk het, het ek die liggaampie van ‘n baba in die graf by hulle voete, gesien lê.

Hierdie toneel het my met so baie emosies gevul: hartseer, woede, dankbaarheid en vreugde. Ek wou die pyn wat daardie Heiliges gevoel het, wegneem, maar ek was terselfde tyd ook dankbaar vir dit wat hulle, vir die evangelie opgeoffer het.

My ondervinding by Winter Kwartiere het my gehelp om tot die besef te kom, dat Hemelse Vader die evangelie aan Sy kinders gee, en hulle dan die agentskap gun, om daarmee te doen wat hulle wil. Die ouers van daardie baba, kon gekies het om ‘n makliker roete te neem. Maar om die profeet te volg en die evangelie te leef, het vereis dat hierdie pioniers voortgegaan het, selfs wanneer dit beteken het dat hulle, hul kinders moes begrawe het. Hulle het gekies om die evangelie in hulle lewens in te neem en hulle het hulle uitdagings aanvaar. Ek het geleer dat die Heiliges se toewyding aan die evangelie en hulle vasbeslotenheid om vorentoe te beweeg, deur hulle geloof en hoop gedryf is — hoop vir ‘n helder toekoms en geloof dat die Here hulle geken het en hulle pyn kon verlig.