Maandelikse Vir die Krag van die Jeug-boodskap, Februarie 2025
Hulp van ʼn Volmaakte Bron
Dit maak nie saak met watter situasie jy te doen het nie, Jesus Christus sal jou help as jy jou tot Hom wend.
The Pattern [Die Patroon], deur Jeanette Bourup
Op een of ander tyd het ons almal ʼn bietjie hulp nodig. Partykeer baie hulp. Die waarheid is, die lewe is gewoonlik baie makliker as jy nie probeer om dit alleen te doen nie.
Jesus Christus is jou volmaakte bron van hulp, hoop en krag. Hy kan jou ook help om ten goede te verander—miskien selfs op maniere wat jy nie gedink het moontlik is nie.
ʼn Verandering van Hart
Het jy al ooit gebid dat God die harte van jou vyande sal versag? Indien wel, is jy in goeie geselskap (sien 3 Nefi 12:44; Moroni 7:48). Selfs al het jy nie vyande in dieselfde Boek van Mormon sin nie (jy weet, vyande gewapen met wapens en gereed om aan te val), het jy waarskynlik gebid dat God die hart sal versag van iemand wat jou nie goed behandel nie.
Maar het jy al ooit daaraan gedink om te bid en God te vra om jou hart te versag? Miskien sukkel jy om iemand te vergewe. Of jy bly jou humeur verloor, al wil jy nie. Of jy wil meer goedhartigheid teenoor jou broers en susters voel ten spyte van die feit dat hulle jou soms irriteer.
“[Jesus Christus] sal jou hart en jou lewe verander. Bietjie vir bietjie sal jy groei en meer soos Hy word. Jou verbondsverbintenis met Hom sal jou groter toegang tot sy krag bring” (For the Strength of Youth: A Guide for Making Choices [2022], 8, beklemtoning bygevoeg).
Is dit nie ʼn wonderlike belofte nie? Maak nie saak waarmee jy sukkel nie, selfs jou eie hart, Jesus Christus kan help. Hoe kan jy jou vandag tot Hom wend?
© 2025 deur Intellectual Reserve, Inc. All rights reserved. Gedruk in die VSA. Engelse goedkeuring: 6/19. Vertalingsgoedkeuring: 6/19. Vertaling van Monthly For the Strength of Youth Message, February 2025. Afrikaans. 19621 501