Sendingroepings
Onderhoudsvrae vir Voornemende Sendelinge


ʼn Kambodjaanse paartjie word agter ʼn groen gebou deur twee ouderling-sendelinge onderrig en sit buite op ʼn houtplatform.

Onderhoudsvrae vir Voornemende Sendelinge

Biskoppe en penpresidente word genooi om met elke sendeling-kandidaat “deeglike, geestelik-soekende en opbouende onderhoude te voer” deur die volgende vrae te gebruik (sien Algemene Handleiding, 24.4.2).

  1. Het jy geloof in en ʼn getuienis van God, die Ewige Vader, sy Seun Jesus Christus; en die Heilige Gees?

  2. Het jy ʼn getuienis van die Versoening van Jesus Christus en van sy rol as jou Saligmaker en Verlosser?

    Deel asseblief jou getuienis met my. Hoe het die Versoening van Jesus Christus jou lewe beïnvloed?

  3. Het jy ʼn getuienis van die Herstelling van die evangelie van Jesus Christus en die waaragtigheid van die Boek van Mormon?

    Hoe het jou begrip van die herstelde evangelie van Jesus Christus en jou studie van die Boek van Mormon jou verhouding met Jesus Christus verdiep?

  4. Onderskraag jy die President van Die Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae as die profeet, siener en openbaarder en as die enigste persoon op die aarde wat gemagtig is om alle priesterskapsleutels uit te oefen?

    Onderskraag jy die lede van die Eerste Presidensie en die Kworum van die Twaalf Apostels as profete, sieners en openbaarders?

    Onderskraag jy die ander Algemene Gesagsdraers en plaaslike leiers van die Kerk?

  5. Die Here het gesê dat alle dinge “in reinheid” voor Hom gedoen moet word (Leer en Verbonde 42:41).

    Waarom sou die strewe na reinheid voor God die vermyding van pornografie insluit?

    Vanuit jou begrip, wat beteken dit om die wet van kuisheid uit te leef?

    Streef jy morele reinheid in jou gedagtes en gedrag na?

    Gehoorsaam jy die wet van kuisheid?

  6. Volg jy die leerstellings van Die Kerk van Jesus Christus in jou privaat- en openbare gedrag met jou familielede en ander?

  7. Ondersteun of bevorder jy enige leerstellings, praktyke of leringe wat teenstrydig is met dié van die Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae?

  8. Streef jy daarna om die Sabbatdag heilig te hou, beide by die huis en by die kerk; jou vergaderings by te woon; voor te berei vir en om waardig deel te neem aan die nagmaal; en jou lewe in harmonie met die wette en gebooie van die evangelie te leef?

  9. Streef jy daarna om eerlik te wees in alles wat jy doen?

  10. Is jy ʼn volle tiendebetaler?

  11. Vanuit jou begrip, wat beteken dit om die Woord van Wysheid uit te leef?

    Gehoorsaam jy die Woord van Wysheid?

  12. Sal jy as ʼn voltydse sendeling in ooreenstemming met hierdie standaarde wat ons bespreek het leef?

  13. (Hierdie vraag word weggelaat wanneer ʼn onderhoud gevoer word met ʼn lid wat nie begiftig is nie.) Onderhou jy die verbonde wat jy in die tempel gesluit het?

  14. (Hierdie vraag word weggelaat wanneer ʼn onderhoud gevoer word met ʼn lid wat nie begiftig is nie.) Eer jy jou heilige voorreg om die kleed te dra soos voorgeskryf in die voorbereidende ordinansies? (Lees die “Dra van die Tempelkleed” verklaring, ingesluit hier onder, aan elke lid).

  15. Wat beteken dit vir jou om te bekeer, insluitend om ernstige sondes aan priesterskap-gesagsdraers te bely?

    Is daar ernstige sondes in jou lewe wat met priesterskap-gesagsdraers uitgeklaar moet word as deel van jou bekering?

  16. Ag jy jouself waardig om Jesus Christus en sy herstelde Kerk as ʼn sendeling te verteenwoordig?

Dra van die Tempelkleed

“Die kleed van die heilige priesterskap herinner ons aan die voorhangsel in die tempel, en daardie voorhangsel is simbolies van Jesus Christus. Wanneer jy jou kleed aantrek, trek jy ʼn heilige simbool van Jesus Christus aan. Om dit te dra is ʼn uiterlike uitdrukking van jou innerlike toewyding om Hom te volg. Die kleed is ook ʼn herinnering aan jou tempelverbonde. Jy moet die kleed dag en nag regdeur jou lewe dra. Indien dit uitgetrek moet word vir aktiwiteite wat nie redelikerwys gedoen kan word wanneer die kleed gedra word nie, probeer om dit so gou as moontlik te herstel. Wanneer jy jou verbonde onderhou, insluitend die heilige voorreg om die kleed te dra soos voorgeskryf in die voorbereidende ordinansies, sal jy groter toegang tot die Saligmaker se genade, beskerming, krag en mag hê” (Algemene Handleiding, 26.3.3.2).

suster-sendelinge wat in New York rondstap
sendeling-paartjie wat met mense praat