Kinders
Skakels van Liefde
Laat ‘n volwassene jou help om 28 dun repies papier uit te sny, elkeen omtrent 1 duim (2.5 cm) wyd en omtrent 8 duim (20 cm ) lank. Elke dag hierdie maand, doen ‘n daad van diens om jou liefde vir iemand te wys. Jy mag dalk jou ouers help om die huis skoon te maak of jy kan ‘n vriendelike nota aan ‘n buurman skryf.
Skryf op een van jou repies papier hoe jy elke dag diens lewer en plak dan die punte met band of gom aan mekaar om ‘n sirkel te vorm. Jy kan die sirkels aan mekaar heg deur een van die nuwe repies papier deur die sirkel van die vorige dag te druk en dan plak jy die nuwe papier se ente aan mekaar vas. Kyk hoe jou skakels van liefde groei! Jy kan aanhou om aan jou diens ketting te voeg, nadat Februarie verby is.