Vir die Krag van die Jeug
Ná Jou Foute—Selfs die Grotes
Vir die Krag van die Jeug April 2026


Maandelikse Vir die Krag van die Jeug-boodskap, April 2026

Ná Jou Foute—Selfs die Grotes

Ons kan baie by Petrus leer oor die Saligmaker, sy Versoening, en om weer te probeer.

Petrus verloën Christus

Peter’s Denial [Petrus se Verloëning], deur Carl Bloch

Die meeste van ons het ten minste een herinnering gemaak wat ons wens ons net eenvoudig kon vergeet. Of dit nou ʼn oomblik van pure verleentheid was, ʼn pynlike fisiese ongeluk, of ʼn argument toe jy woorde gesê het wat jy wens jy kon terugneem, is daar baie tye in die lewe wanneer ʼn “oordoen” of selfs ’n “verwyder”-knoppie uiters aanloklik klink.

ʼn Bitter Profesie Vervul

Die Apostel Petrus was ʼn fassinerende persoon in die Nuwe Testament. Hy het die geloof en moed gehad om op die water na Jesus te loop, maar slegs oomblikke later het hy toegelaat dat sy vrese hom oorwin en begin sink, en tot die Here uitgeroep om hulp (sien Matthéüs 14:28–31). Alhoewel ons nie al die besonderhede van Petrus se lewe ken nie, weet ons van een keer wat hy bitterlik geween het.

Slegs ure voordat Jesus Christus in hegtenis geneem is, het Hy geprofeteer dat Petrus Hom drie keer sou verloën voordat die haan twee keer gekraai het. Petrus het geweier om so ʼn profesie te glo en “het nog baie meer aangehou en gesê: Al moes ek saam met U sterwe, ek sal U nooit verloën nie!” (Markus 14:31).

Natuurlik het die Saligmaker se profesie waar geword. Met die verskrikking en vrees rondom die Saligmaker se arrestasie het Petrus se dapperheid hom in die steek gelaat. Nadat Hy alreeds twee keer ontken het dat hy die Saligmaker geken het en ʼn derde keer beskuldig is, het Petrus “begin om te verwens en te sweer: Ek ken nie daardie man van wie julle praat nie” (Markus 14:71).

Toe die haan twee keer gekraai het, het Petrus die Saligmaker se profesie onthou, en het “hy … bitterlik geween" (Matthéüs 26:75).

Maar dit is nie die einde van sy storie nie!

ʼn Draaipunt bereik, Vir Ewig

Volgens alles wat ons in die skrifture kan leer, het Petrus se vrese nooit weer sy getuienis van Jesus Christus oorheers nie Hy het met vrymoedigheid van die Saligmaker getuig by elke geleentheid, ongeag die persoonlike risiko om dit te doen. Onthou, Petrus was besig om ʼn volk te onderrig wat Jesus Christus pas gekruisig het! Die gevaar was werklik.

Toe Petrus ʼn man genees het wat van geboorte af verlam was, en hom beveel het: “In die Naam van Jesus Christus, die Nasaréner, staan op en loop!” (Handelinge 3:6), is hy saam met Johannes gearresteer en ondervra hoe hy hierdie wonderwerk verrig het.

Petrus het dapper geantwoord: “Laat dit bekend wees aan julle almal en aan die hele volk van Israel dat deur die Naam van Jesus Christus, die Nasaréner, wat julle gekruisig het, maar wat God uit die dode opgewek het, dat deur Hom hierdie man gesond voor julle staan.

“Hy is die steen wat deur julle, die bouers, verag is, wat ʼn hoeksteen geword het. En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie” (Handelinge 4:10–12).

Wat ʼn dapper antwoord! En ʼn duidelike bewys van sy oortuigings.

Onvolmaakte Diensknegte, Volkome In staat om te Dien

Elkeen van ons gaan in hierdie lewe sondig. Ten spyte van ons beste pogings, gaan ons van tyd tot tyd te kort skiet aan ons hoop en voornemens. Soos President Jeffrey R. Holland (1940–2025), President van die Kworum van die Twaalf Apostels, eens geleer het: “Behalwe in die geval van sy enigste volmaakte Gebore Seun, is onvolmaakte mense ál wat God ooit gehad het om mee te werk.”

Jou geestelike waarde word nie gedefinieer of beperk deur jou foute nie—selfs die grotes! Omdat hy bekeer het en Christus hom vergewe het, het Petrus se verloëning van Christus hom nie verhoed om later te getuig, te onderrig en mense met groot krag te bekeer nie. Die skrifture is vol voorbeelde van ander dissipels wat gesondig het, bekeer en voortgegaan het met geloof in Christus.

Satan sal jou altyd probeer oortuig dat jou foute ophoop en dat jy hulle nooit sal kan oorkom nie. Ignoreer sy leuens!

Suster Tamara W. Runia, Eerste Raadgewer in die Jongdames Algemene Presidensie, het onderrrig: “Jy moet dít hoor, dus sal ek hierdie woorde hardop sê: Jy is nie die stem in jou kop of die foute wat jy gemaak het nie. Jy moet dit dalk ook hardop sê. Sê vir Satan: ‘Nie vandag nie.‘ Sit hom agter jou.

"Voel daardie trek, die goddelike droefheid wat jou na jou Saligmaker toe draai, en kyk hoe sy genade in jou lewe en die lewens van diegene wat jy liefhet, inkom. Ek belowe dat die oomblik wat ons ʼn gebroke hart moedig na Hom bring, is Hy onmiddellik daar.”

Jesus Christus

Christus Consolator [Christus die Vertrooster], deur Carl Bloch

Jou Helder Dae Wat Voorlê

Hierdie Paasseisoen, terwyl jy meer volledig oor die Saligmaker se Versoening nadink, onthou dat die vermoë om te bekeer en weer te probeer een van die grootste gawes is wat jy ooit kan ontvang. As gevolg van Jesus Christus, kan jou ergste foute vergewe word en dan soos swaar kettings afgewerp word.

“The Savior is forever brighter than the darkness of shame,” Sister Runia has taught.

As gevolg van Jesus Christus, kan hoop altyd helder vooruit skyn terwyl jy op Hom gefokus bly.

Notas

  1. Jeffrey R. Holland, Apr. 2013 algemene konferensie (Ensign of Liahona, Mei. 2013, 94).

  2. Tamara W. Runia, Apr. 2025 algemene konferensie (Liahona, Mei 2025, 91).

  3. Tamara W. Runia, Apr. 2025 algemene konferensie (91).