Maandelikse Vir die Krag van die Jeug-boodskap, Oktober 2025
Hoekom het die Here ʼn Kerk?
Die doel van Christus se Kerk is “om individue en families in staat te stel om God te help om sy werk van heil en verheffing te vervul.” Die Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae help “om [God se] kinders te kwalifiseer vir die hoogste graad van heerlikheid, wat verheffing of die ewige lewe is.”
“Die Saligmaker … het [die Kerk] opdrag gegee om sy doelwitte te volbring—sy evangelie te verkondig, sy ordinansies en verbonde aan te bied, en om dit moontlik te maak vir sy krag om ons te regverdig en te heilig.”
Lede van die Kerk het toegang tot Jesus Christus se krag en seëninge deur priesterskapsgesag en sleutels, verbonde en ordinansies, profetiese leiding, skrifture en ʼn gemeenskap van Heiliges.
Die Kerk is ook beveel: “Staan op en straal uit, sodat julle lig ʼn vaandel mag wees vir die nasies” (Leer en Verbonde 115:5).
Kerklede streef daarna om “uit te straal” deur die evangelie uit te leef, almal uit te nooi om die evangelie te ontvang, families vir die ewigheid te verenig en om na die armes en behoeftiges om te sien. Dit is God se werk van heil en verheffing.
© 2025 deur Intellectual Reserve, Inc. All rights reserved. Gedruk in die VSA. Engelse goedkeuring: 6/19. Vertalingsgoedkeuring: 6/19. Vertaling van Monthly For the Strength of Youth Message, October 2025. Afrikaans. 19624 501