“Die Pasga,” Vriend, April 2026, 46–48.
Maandelikse Vriend-boodskap, April 2026
Die Pasga
Moses het na Farao gegaan en hom gevra om die Israelitiese slawe te bevry. Farao het geweier. Die Here het plae na Egipte gestuur, maar Farao het steeds nee gesê.
Die Here het gesê dat Hy een laaste plaag sou stuur. Die eersgebore kind van elke familie in Egipte sou sterf. Maar as die Israeliete sy instruksies sou volg, sou die plaag by hulle verbygaan.
Die Here het vir die Israeliete gesê om ʼn volmaakte manlike lam op te offer en om die bloed van die lam bokant hulle deure te verf.
Die plaag het gekom. Al die Egiptiese eersgeborenes het gesterf, insluitend Farao se seun. Maar die Israelitiese eersgeborenes is gered omdat hulle die Here gehoorsaam het.
Farao het vir Moses en die Israeliete gesê om Egipte te verlaat. Maar Farao was kwaad. Hy en sy leër het hulle agternagejaag.
Die Israeliete het by die Rooi See gekamp. Toe hulle die Egiptenare sien kom, was hulle bevrees. Moses het gesê dat die Here hulle sou beskerm.
Moses het sy staf opgelig, en die Here het die see geskei. Die Israeliete het op droë grond deurgestap.
Toe die Israeliete veilig aan die ander kant van die see was, het die water afgekom en die leër verdrink. Die Israeliete was uiteindelik vry.
Inkleurbladsy
Jesus Christus Is vir My Opgewek
Illustrasies deur Audrey Day. Mag slegs vir Kerkgebruik gekopieer word.
Wat kan jy doen om Jesus Christus hierdie Paasfees en die hele jaar te onthou?
© 2026 by Intellectual Reserve, Inc. All rights reserved. Gedruk in die VSA. Engelse goedkeuring: 6/19. Vertalingsgoedkeuring: 6/19. Vertaling van die Monthly Friend Message, April 2026. Afrikaans. 20062 501