“Moses die Profeet,” Vriend, Maart 2026, 46–48.
Maandelikse Vriend-boodskap, Maart 2026
Moses die Profeet
Moses was ʼn Israeliet, maar hy is deur Farao se dogter in Egipte grootgemaak. Moses was hartseer dat die Egiptenare gemeen was teenoor die Israeliete en hulle hul slawe gemaak het.
Eendag het Moses ʼn Egiptenaar gesien wat ʼn Israeliet slaan. Moses het die Israeliet verdedig.
Toe Farao daarvan uitvind, wou hy Moses doodmaak, maar Moses het uit Egipte gevlug.
Moses het by ʼn plek genaamd Mídian gekom, waar hy ʼn vrou met die naam Sippóra ontmoet het. Hulle het getrou en kinders gehad.
Terwyl hy in Mídian gewoon het, het Moses ʼn bos gesien wat aan die brand was, maar die vuur het nie die bos verbrand nie. Die Here het in die vuur verskyn en met Moses gepraat.
Die Here het gesê Hy het geweet dat die Israeliete in Egipte ly. Hy het Moses beveel om na Egipte terug te keer en vir Farao te sê om die Israeliete vry te laat. Die Here het gesê Hy sal Moses help om die Israeliete te bevry en hulle na ʼn beloofde land te lei.
Inkleurbladsy
Ek Kan Goedhartig Wees teenoor Ander
Illustrasies deur Audrey Day. Mag slegs vir Kerkgebruik gekopieer word.
Wat kan jy hierdie week doen om goedhartig te wees?
© 2026 deur Intellectual Reserve, Inc. All rights reserved. Gedruk in die VSA. Engelse goedkeuring: 6/19. Vertalingsgoedkeuring: 6/19. Vertaling van Monthly Friend Message, March 2026. Afrikaans. 19938 501