Vriend
Adam en Eva
Januarie 2026 Vriend


“Adam en Eva,” Vriend, Januarie 2026, 46–48.

Maandelikse Vriend-boodskap, Januarie 2026

Adam en Eva

Adam en Eva met diere in die Tuin van Eden

Adam en Eva was die eerste kinders van Hemelse Vader wat op die aarde gelewe het. Hulle het in die Tuin van Eden gewoon.

Boom van die lewe

God het hulle toegelaat om die vrugte van elke boom te eet behalwe die vrugte van een boom. As hulle van die boom van kennis van goed en kwaad sou eet, sou hulle die tuin moes verlaat en uiteindelik sterf. Maar Satan het vir hulle gelieg. Hy het gesê as hulle die vrugte eet, sal hulle goed van kwaad kan onderskei, maar sal nie sterf nie.

Eva wat ʼn vrug van die boom van kennis van goed en kwaad pluk

Eva het gekies om die vrug te eet.

Eva se hande wat die vrug in Adam se hande aangee

Toe het sy vir Adam van die vrug gegee. Hy het ook gekies om dit te eet.

Adam en Eva wat in die bosse wegkruip toe Hemelse Vader en Jesus Christus verskyn

God en Jesus Christus het hulle besoek, maar Adam en Eva was bevrees en het weggekruip. God het gevra of hulle vrugte van die boom geëet het.

Adam en Eva wat velklere dra en die Tuin van Eden verlaat

Adam en Eva het gesê dat hulle die vrugte geëet het. Nou moes hulle die Tuin van Eden verlaat. Maar God het ʼn plan vir hulle gehad. Nou het hulle reg van verkeerd geken en kon kinders hê.

Adam en Eva met hulle familie

Adam en Eva het belowe om God se gebooie te gehoorsaam. Hulle het meer oor God se Seun, Jesus Christus geleer. Hulle was gelukkig omdat Hy hulle familie sou help om na God terug te keer.

Inkleurbladsy

Jesus het die Aarde Geskep

Bladsy PDF

Illustrasie deur Audrey Day

Wat is jou gunsteling dinge wat Jesus Christus geskep het?