2025
Die Heiliges Trek Wes
Desember 2025 Vriend


“Die Heiliges Trek Wes,” Vriend, Desember 2025, 26–28.

Maandelikse Vriend-boodskap, Desember 2025

Die Heiliges Trek Wes

Brigham Young kyk toe terwyl mense aan die onvoltooide Nauvoo-tempel werk

Ná Joseph Smith se dood het Brigham Young en die ander Apostels die Kerk gelei. Brigham het geweet die Heiliges moes Nauvoo verlaat omdat dit nie veilig was nie. Maar die Here wou hê hulle moes eers die tempel klaar bou.

Brigham Young verwelkom mense by die tempel

Toe die tempel gereed was, het duisende Heiliges verbonde met die Here gesluit en is as families verseël.

Heiliges wat deur ʼn sneeustorm loop

Nou was dit tyd om hul reis wes te begin. Die weer was koud, en mense was siek en honger.

Gesinne help ander om kos en komberse in die koue te kry

Brigham het om hulp gebid. Die Here het gesê hulle moet mekaar help, en Hy sal hulle seën en help.

ʼn Familie wat langs ʼn graf kniel

Die reis was steeds baie moeilik. Sommige mense het gesterf. Maar as gevolg van hul tempelverbonde het die Heiliges geweet hulle sou hul familielede weer sien.

Brigham Young in ʼn ossewa kyk uit oor die Salt Lake-vallei

Die eerste Heiliges het in 1847 in die Salt Lake-vallei aangekom. Hier kon hulle die Here aanbid en sy werk in vrede doen.

Beelde van tempels en sendelinge met die aardbol in die agtergrond

Oor die jare het meer Heiliges aangekom en meer tempels gebou. Sendelinge het regoor die wêreld gereis om die evangelie van Jesus Christus te verkondig. Die Saligmaker se Kerk het aangehou groei en seën Hemelse Vader se kinders oral.

Inkleurbladsy

Hy Is die Lig, die Lewe en die Hoop van die Wêreld

PDF Inkleurbladsy van baba Jesus in die krip en ʼn lammetjie

Illustrasie deur Corey Egbert

Wat doen jy om Jesus Christus met Kersfees te onthou?