2025
Jane Manning Reis na Nauvoo
Oktober 2025


“Jane Manning Reis na Nauvoo,” Vriend, Oktober 2025, 26–28.

Maandelikse Vriend-boodskap, Oktober 2025

Jane Manning Reis na Nauvoo

ʼn Man wat Jane Manning in die buitelug doop

Waar Jane Manning gewoon het, het sommige mense haar swak behandel as gevolg van haar velkleur. Een dag het sy ʼn sendeling hoor onderrig. Kort daarna is sy gedoop.

Jane en haar familie wat op die kus naby ʼn boot staan

Jane se familie is ook gedoop. Hulle wou almal saam met die Heiliges in Nauvoo wees. So het hulle hul reis begin.

Jane en haar familie wat sakke dra en na ʼn boot kyk wat op ʼn rivier vertrek

Jane se familie wou vir ʼn gedeelte van die reis per boot reis, maar hulle het nie genoeg geld gehad nie. Hulle moes dus1,300 km loop.

Jane en haar familie wat in verslete skoene en modderige klere loop

Hulle moes ʼn diep stroom oorsteek en buite in die koue slaap. Maar hulle was vasbeslote om Nauvoo te bereik. Hulle het hulself opgebeur deur te sing terwyl hulle geloop het.

Jane verbind ʼn man se voet met ʼn verband

Jane se familie het geloop totdat hulle skoene verslyt was en hul voete seergekry het. Maar toe hulle tot God gebid het om hulp, het Hy hulle voete genees.

ʼn Groep mense wat Jane dophou by ʼn vrou wat ʼn siek kind vashou

Hulle het mense gehelp wat hulle langs die pad ontmoet het. Hulle het selfs gehelp om ʼn siek kind te genees vanweë hulle geloof.

Jane omhels Emma Smith met Joseph Smith wat glimlag

Uiteindelik het Jane en haar familie Nauvoo bereik! Toe Joseph Smith hoor wat hulle alles deurgemaak het, het hy vir Jane gesê: “God seën jou. Julle is nou tussen vriende.”

Inkleurbladsy

Jesus Wil Hê Dat Ek Almal Moet Liefhê

Inkleurbladsy PDF van twee kinders wat saam op ʼn stoel sit

Illustrasie deur Corey Egbert

Hoe toon jy liefde aan ander?