2025
Die Bou van Nauvoo
September 2025


“Die Bou van Nauvoo,” Vriend, September 2025, 26–28.

Maandelikse Vriend-boodskap, September 2025

Die Bou van Nauvoo

Vroeë Heiliges wat in tente langs die oewers van die Mississippi-rivier woon

Die Here het vir die Heiliges gesê om in ʼn nuwe plek bymekaar te kom. Dit was naby ʼn groot rivier waar die grond nat en modderig was. Dit het nie na ʼn goeie plek gelyk om ʼn stad te bou nie. Maar die Profeet Joseph Smith het geweet dat hulle dit met die Here se hulp pragtig kon maak.

ʼn Man wat hout op sy skouer dra, ʼn perd en ʼn wa met boumateriaal, en houthutte
Joseph Smith en ander mans wat stene lê en ʼn huis bou

Die Heiliges het hard gewerk om dit ʼn goeie plek te maak om in te woon. Joseph het die dorp Nauvoo genoem, wat “ʼn pragtige plek” beteken.

Joseph Smith wys ʼn plek uit op ʼn heuwel vir ʼn tempel

Die Here wou hê dat sy Heiliges ʼn tempel in Nauvoo moes bou. Die mense het vinnig begin werk.

Joseph Smith wat ander Heiliges in ʼn huis leer

Die Here het groot seëninge gehad om aan sy volk te gee. In die tempel sou hulle verbonde, of spesiale beloftes met die Here sluit. Hulle sou ook leer oor Hemelse Vader se plan van geluk vir al sy kinders.

Die voltooide Nauvoo-tempel

Die Heiliges het hard gewerk om die tempel te bou. Dit het lank geneem, maar hulle was opgewonde om oor die spesiale beloftes wat die Here vir hulle in sy tempel gehad het, te leer.

Inkleurbladsy

Die Tempel Is die Huis van die Here

Inkleurbladsy van ʼn tempel-aktiwiteit PDF

Illustrasie deur Corey Egbert

Hoe voel jy wanneer jy ʼn tempel sien?