2025
Liberty-gevangenis
Mei 2025


“Liberty-gevangenis,” Vriend, Augustus 2025, 26–28.

Maandelikse Vriend-boodskap, Augustus 2025

Liberty-gevangenis

Brandende huise en kwaai mans met gewere

Baie mense in Missouri het nie van die Heiliges gehou nie. Die goewerneur het soldate gestuur om hulle te laat trek.

Man op ʼn perd wat ʼn swaard op Joseph Smith rig

Die soldate het Joseph Smith en ander Kerkleiers in hegtenis geneem. Een aand het die wagte gelag oor slegte dinge wat hulle aan die Heiliges gedoen het.

Joseph Smith met kettings om sy polse, wat opstaan en met mans praat

Joseph het opgestaan en geskree: “Stilte!” Hy het met God se mag gepraat. Die wagte het gesê hulle is jammer en het opgehou praat.

Joseph Smith en ander mans in die Liberty-gevangenis lyk hartseer en koud

Joseph en sy vriende is later in ʼn gevangenis gesit in ʼn dorp genaamd Liberty. Die tronk was koud, klein en donker. Hulle het net vuil strooi gehad om op te slaap. Die kos wat aan hulle gegee is, het hulle siek gemaak.

Joseph Smith wat huil en ʼn man wat hom vertroos

Joseph was bekommerd oor die Heiliges. Maar hy kon niks doen om hulle te help nie.

Joseph Smith wat kniel om in die gevangenis te bid

Joseph het baie gebid. Hy het gevra of God van hom en die Kerklede vergeet het.

Joseph Smith wat in die tronk kniel en opwaarts kyk na sonlig wat deur ʼn klein venstertjie instroom

God het Joseph se gebed verhoor. Hy het gesê: “My seun, vrede vir jou siel.” God het vir Joseph gesê dat sy uitdagings nie vir ewig sou duur nie en dat dit vir sy beswil sou wees. Hy het Joseph belowe dat Hy “vir ewig en ewig” met hom sou wees (Leer en Verbonde 121:7, 46).

Inkleurbladsy

Ek Kan ʼn Lig vir Ander Wees

Inkleurblad aktiwiteit met ʼn ligtoring, rotsagtige oewer en ʼn seilboot in die see

Illustrasie deur Corey Egbert

Hoe is jy ʼn goeie voorbeeld vir ander?