2025
Die Apostels Dien ʼn Sending na Groot-Brittanje
Julie 2025


Maandelikse Vriend-boodskap, Julie 2025

Die Apostels Dien ʼn Sending na Groot-Brittanje

Joseph Smith visualiseer hoe Apostels in Groot-Brittanje preek

Die Here het vir Joseph Smith gesê om van die Apostels op ʼn sending na Groot-Brittanje te stuur. Dit was moeilik vir die Apostels om hul families te verlaat, maar die Here het belowe om hulle te seën.

Kimball-familie siek in die bed

Heber C. Kimball en sy vrou, Vilate, het ʼn jong familie gehad. Baie van hulle was baie siek.

Brigham Young neem afskeid van sy gesin

Brigham Young was ook siek, en sy familie was arm. Maar Brigham se vrou, Mary Ann, het vir hom gesê: “Gaan vervul jou sending, en die Here sal jou seën.”

Heber en Brigham ry agter in ʼn wa

Heber en Brigham het beter geword, maar hulle was baie swak. Hulle wou die evangelie verkondig, en daarom het hulle van hul families afskeid geneem en agter in ʼn wa geklim om hul reis te begin.

Heber en Brigham verkondig die evangelie aan mense in Groot-Brittanje

Ná ʼn lang reis oor die see het Heber en Brigham in Groot-Brittanje aangekom. Saam met ander Apostels het hulle baie mense die evangelie geleer. Duisende mense is in Jesus Christus se Kerk gedoop. Baie van hulle het oor die see gevaar om by die Heiliges in die Verenigde State aan te sluit.

Heber en Brigham se families groet hulle by die dok

Die Here het sy belofte nagekom om vir Heber en Brigham se families te sorg terwyl hulle Hom as sendelinge gedien het.

Inkleurbladsy

God het Elke Dier op Aarde Geskape

Inkleuraktiwiteit van ʼn kat, skoenlapper en blomme Bladsy PDF

Illustrasie deur Corey Egbert

Wat Is jou gunsteling Dier?