2025
Die Bou van die Kirtland-tempel
Junie 2025


Maandelikse Vriend-boodskap, Junie 2025

Die Bou van die Kirtland-tempel

Joseph Smith en ander kyk na oop plaasgrond

Die Here het vir Joseph Smith gesê dat dit tyd is om ʼn tempel in Kirtland, Ohio, VSA te bou. Dit sou ʼn spesiale plek wees waar die Here sy mense sou besoek en beloftes met hulle sou maak.

Mense begin om die Kirtland-tempel te bou

Die Heiliges het begin om die tempel te bou. Dit het baie geld gekos en baie werk geneem. Maar hulle was opgewonde om die Here se seëninge te ontvang.

Man wat bid en werkers naby

Terwyl die Heiliges aan die tempel gewerk het, het hulle geld begin opraak. Hulle het tot God gebid om hulp.

Vrou in ʼn perdewa kyk na die onvoltooide Kirtland-tempel

ʼn Vrou met die naam Caroline Tippets en haar gesin het baie geld gespaar. Hulle het die Kerk geld laat leen om die tempel te help bou.

Kinders versamel glas in mandjies voor die gedeeltelik geboude Kirtland-tempel

Die Heiliges het hard gewerk. Sommige het waens vol klippe aangery. Ander het klere en kos vir die werkers gemaak.

Kinders het stukke gebreekte glas versamel om te maal en op die mure van die tempel te sit sodat dit in die sonlig geskitter het.

Mense wat na die voltooide Kirtland-tempel kyk

Die tempel was vinnig klaar! Die Heiliges was opgewonde om in die huis van die Here in te gaan om die seëninge wat Hy hulle belowe het, te ontvang.

Inkleurbladsy

Die Here Weet Wie Ek Is en Het My Lief

Alt text

Illustrasie deur Corey Egbert

Teken jou gesig in die ovaal. Hoe weet jy dat Jesus Christus jou liefhet?