“Lucy Vind die Waarheid,” Vriend, April 2025, 26–28.
Maandelikse Vriend-boodskap, April 2025
Lucy Vind die Waarheid
Op ʼn dag het die 15-jarige Lucy Morley haar buurvrou, Abigail Daniels, gehelp om materiaal te weef. Terwyl hulle gewerk het, het drie sendelinge aan die deur geklop. Hulle het gesê dat Jesus Christus hulle gestuur het om ʼn boodskap te deel.
Die mans het vir Abigail en Lucy vertel dat Jesus vir Joseph Smith geroep het om ʼn profeet te wees. Hulle het hulle ook van die Boek van Mormon vertel.
Tot Lucy se verbasing het Abigail kwaad geword. Sy het die sendelinge laat weggaan.
Lucy het geweet die sendelinge was dienaars van God. Sy het vir hulle gesê om haar familie te besoek wat verder in die pad af gewoon het.
Die sendelinge het na die Morley-huis gegaan. Lucy se ouers het die sendelinge genooi om hulle en hulle vriende te leer.
Daardie aand is 17 mense gedoop. In die volgende paar dae het nog 50 mense na die sendelinge geluister en is hulle gedoop. Selfs Lucy se buurvrou Abigail het van plan verander. Sy en haar man, saam met Lucy en lede van haar gesin, het gekies om Jesus Christus te volg deur gedoop te word.
Inkleurbladsy
As gevolg van Jesus Christus, sal Ek Opgewek Word
Illustrasie deur Corey Egbert
Hoe onthou jy Jesus in Paastyd?
© 2025 deur Intellectual Reserve, Inc. All rights reserved. Gedruk in die VSA. Engelse goedkeuring: 6/19. Vertalingsgoedkeuring: 6/19. Vertaling van Monthly Friend Message, April 2025. Afrikaans. 19631 501