2025
Die Priesterskap Is Herstel
Maart 2025


“Die Priesterskap Is Herstel,” Vriend, Maart 2025, 26–28.

Maandelikse Vriend-boodskap, Maart 2025

Die Priesterskap Is Herstel

Jy kan hierdie storie lees in Joseph Smith—Geskiedenis 1:66–73 en Leer en Verbonde 27:12.

Joseph Smith praat met Oliver Cowdery met ʼn verbeeldingsborrel wat wys hoe Christus die Nefiete besoek

Nadat Joseph Smith die goue plate ontvang het, het hy dit begin vertaal. Oliver Cowdery het neergeskryf wat hy gesê het. Terwyl hulle gewerk het, het hulle geleer dat Jesus Christus wou hê dat almal gedoop moes word.

Joseph Smith en Oliver Cowdery bid in die woud

Joseph en Oliver het gewonder wie God se mag het om mense te doop. Hulle het die woud ingegaan om te bid en God te vra.

Engel met sy hande op Joseph Smith se kop

Terwyl hulle bid het ʼn engel verskyn. Hy het gesê dat hy Johannes die Doper is wat Jesus Christus lank gelede gedoop het. Hy het die Aäroniese Priesterskap aan Joseph en Oliver gegee sodat hulle ander kon doop. Die priesterskap is God se mag. Dit word gebruik om God se kinders te seën.

Joseph Smith doop Oliver Cowdery

Johannes die Doper het vir Joseph en Oliver gesê om gedoop te word. Hulle het in ʼn rivier gegaan en mekaar gedoop. Toe hulle uit die water kom, is hulle met die Heilige Gees vervul. Hulle was baie bly!

Drie engele wat hulle hande op Joseph Smith se kop plaas

Later het ander engele gekom. Drie van Jesus Christus se Apostels—Petrus, Jakobus en Johannes—het die Melgisédekse Priesterskap aan Joseph en Oliver gegee. Nou kon Joseph en Oliver die gawe van die Heilige Gees aan ander gee.

Inkleurbladsy

Jesus is Lief vir die Lied van die Hart

Hart met musieknote

Illustrasie deur Corey Egbert

Hoe voel jy wanneer jy oor Jesus Christus sing?