2025
Joseph Smith Ontvang die Goue Plate
Februarie 2025


“Joseph Smith Ontvang die Goue Plate,” Vriend, Februarie 2025, 26–28.

“Ek Kan ʼn Getuie Wees Dat die Boek van Mormon Waar Is,” Vriend, Februarie 2025, 48.

Maandelikse Vriend-boodskap, Februarie 2025

Joseph Smith Ontvang die Goue Plate

Julle kan hierdie storie in Joseph Smith—Geskiedenis 1:-28–60 lees.

Joseph Smith kyk by die venster uit

Drie jaar ná die Eerste Visioen het Joseph Smith sleg gevoel oor sommige foute wat hy gemaak het. Hy het tot Hemelse Vader daaroor gebid.

Joseph Smith wat in gebed kniel

Terwyl Joseph gebid het, het lig die kamer gevul. Hy het ʼn engel in die lug sien staan. Die engel se naam was Moroni.

Engel Moroni besoek Joseph Smith in sy kamer

Moroni het gesê daar was ʼn boek wat van goue bladsye, of plate, gemaak is. Dit was in ʼn heuwel naby Joseph se huis begrawe. Die boek was oor mense wat baie jare gelede in die Amerikas gewoon het. Moroni het gesê God sal Joseph help om die boek te vertaal.

Joseph Smith loer af in die gat om die goue plate te sien

Joseph het na die heuwel gegaan en die plate onder ʼn swaar rots gevind. Moroni het gekom en gesê dat Joseph nog nie gereed was om hulle te neem nie.

Engel Moroni praat met Joseph Smith

Toe Joseph ouer was het Moroni hom op die heuwel ontmoet en die plate vir hom gegee. Moroni het vir Joseph gesê om hulle veilig te hou.

Joseph Smith praat met ʼn familie

Joseph het begin om die plate in Engels te vertaal. Hy het spesiale gereedskap van God gebruik om hom te help. Die boek is in 1830 as die “Book of Mormon” gepubliseer. Dit leer van Jesus Christus en sy evangelie.

Inkleurbladsy

Ek Kan ʼn Getuie Wees Dat die Boek van Mormon Waar Is

Inkleurbladsy van ʼn dogtertjie wat die Boek van Mormon styf vasdruk

Illustrasie deur Corey Egbert

Hoe kan jy ander help om van Jesus Christus in die Boek van Mormon te leer?