2023
Jesus het vir Ons die Weg Gewys
Augustus 2023


“Jesus het vir Ons die Weg Gewys,” Vriend, Augustus 2023, 4–5.

Maandelikse Vriend-boodskappe, Augustus 2023

Jesus het vir Ons die Weg Gewys

Alt text

Illustrasies deur Dan Burr

Jesus Christus is Hemelse Vader se Seun. Hy het aarde toe gekom om ons te wys hoe ons eendag na Hemelse Vader kan terugkeer. Jesus is gedoop. Hy het geleer dat ons ook gedoop moet word.

alt text

Jesus het ons gewys hoe om te lewe. Hy het almal liefgehad en gehelp. Hy wil hê dat ons Hom moet volg.

alt text

Jesus het al ons pyn gevoel en vir ons sondes gely. Toe het Hy vir ons gesterf. Dit word die Versoening van Jesus Christus genoem. Hy is opgewek. Dit beteken dat Hy vandag lewe! As gevolg van Jesus Christus sal ons ook weer lewe nadat ons gesterf het.

alt text

Jesus het al hierdie dinge vir ons gedoen omdat Hy ons liefhet. As gevolg van Hom kan ons eendag saam met ons Hemelse Vader en ons families leef.

alt text

Ons kan Jesus volg deur gedoop te word. Ons kan Hom ook elke dag volg wanneer ons ander liefhet en help en sy gebooie onderhou.