2022
Jesaja Leer oor Jesus Christus
September 2022


“Jesaja Leer oor Jesus Christus,“ Maandelikse Vriend-boodskappe, September 2022

“Jesaja Leer oor Jesus Christus”

Maandelikse Vriend-boodskappe, September 2022

Jesaja Leer oor Jesus Christus

Jesaja besig om te skryf

Illustrasies deur Apryl Stott

Jesaja was ʼn profeet. Hy het gelewe voordat Jesus Christus gebore is. Maar hy het geweet dat Jesus sou kom.

Jesaja besig om te praat

Jesaja het gesê Jesus sou as die Seun van God gebore word. Jesus sou ander help en genees.

Josef, Maria en baba Jesus

Jesaja het ook gesê dat Jesus aarde toe sou kom. Hy sou die Prins van Vrede genoem word. Hy sou sy lewe vir ons gee omdat Hy so lief vir ons is.

herrese Jesus Christus

Die dinge wat Jesaja geleer het, het gebeur. Baie jare later het Jesus na die aarde gekom. Hy het ons die weg gewys. Hy het gesterf en weer gelewe. Hy lewe vandag!

moeder wat vir die kinders lees oor Jesus Christus

Ek kan leer oor Jesus Christus. Wanneer ek onthou wat Hy vir my gedoen het, kan ek vrede en hoop voel!

Inkleurbladsy

Ek Kan Leer oor Jesus Christus

Jesus Christus kniel om met ʼn vrou te praat

Kliek op die prentjie om dit af te laai.

Illustrasie deur Apryl Stott

Wat is jou gunsteling storie oor Jesus Christus?